Melville Gastehuis

’n Gastehuis waar die passievolle warm kleure en die tydlose styl en sjarme, ’n dekor- en kunservaring skep wat besoekende gaste van oor die hele wereld saambind in ’n spontane sosiale band.

A Room With a View Gastehuis is geleë bo die hart van Melville met asemrowende uitsigte oor ’n boomryke Johannesburg tot by die Magaliesberge, amper 70km verder.

Ons veertien en-suite kamers is elk uniek. Diep baddens, groot storte, sommige met gaskaggels en glasdak sitkamers en  nege kamers met balkonne.

Elke kamer is toegerus met gratis internet toegang, DSTV, telefoon, lessenaar, minikroeg en kamer-koffie en tee.

Ontbyt is ’n gesellige gastronomiese geleentheid.

Vind ’n stil hoekie of geselskap met ’n keuse van drie sitkamers of lekker Romeinse swembad area, waar die warm vriendelike gasvryheid van die personeel jou vinnig tuis en gekoester sal laat voel.

Spandeer tyd in ons ‛uit-kyk sitkamer’ met sy onversperde uitsigte oor Johannesburg. Hier kan jy met Jacques of Brenda rl om gaste te onthaal. Braai of kuier om die la-ang eettafel.

Ons kan klein konferensies van tot 14 mense falsiliteer in twee konferensie kamers (elkeen kan 14 mense akkommodeer) Ons verkies om nie groter as dit te gaan nie. Gesonde middagetes en verversings met tee en koffie kan gereël word.

A ROOM WITH A VIEW is ’n gastehuis in Melville, Johannesburg wat bed-en-ontbyt ondervinding van die hoogste standaarde aanbied teen kompeterende en realistiese pryse.

Gaste is ’n kort stapafstand vanaf die vele topklas restaurant en die polsende vermaaklikheid en interessante winkeltjies van Melville. Ons is ook nie vêr van Mandela Square nie, die hart van Johannesburgse teaterwereld.

Ons help graag met die rl van eg-Suid-Afrikaanse ondervindinge deur unike toergidse om vir ons gaste ‘n veilige en stimulerende belewenis van Johannesburg te gee. Die Universiteit van Johannesburg, Wits Universiteit, Die SAUK en die bekende Milpark Hospitaal is ook baie naby.

Gereelde besigheids-reisigers moet gerus navraag doen oor die komplimentêre Vrydag tot Sondag verblyf van hul eggenoot.

Bykomstige dienste...